LIEFDE EN GEDULD IN AKSIE
  Die volgende verhaal dateer uit die dae toe Oliver Cromwell aan bewind was in Engeland. 'n Jong soldaat is deur 'n militêre hof skuldig bevind aan 'n ernstige oortreding en ter dood veroordeel. Hy sou tereggestel word met die eerste gelui van die klok wat die aandklokreël sou aankondig.
Sy verloofde het 'n aantal ure voordat die aandklokreël in werking sou tree, in die kloktoring opgeklim en haarself aan die groot klepel vasgemaak. Toe die tyd aangebreek het dat die klok moes lui, is net gedempte geluide gehoor.
Cromwell wou weet waarom die klok nie lui nie. Hy het soldate gestuur om ondersoek in te stel.
Hulle het die jongdame gevind - gekneus en bebloed soos sy haar teen die klokwande beseer het met die gebengel van die klok.
Cromwell was so beïndruk deur haar opofferende liefde en gewil-ligheid om te ly vir die persoon wat sy liefhet, dat hy die soldaat vrygespreek het deur te beveel dat die klok daardie aand nie sou lui nie.

John Wesley was geseënd met 'n baie liefdevolle en geduldige moeder, Susanna. By geleentheid het Wesley se vader opgemerk: "Ek verbaas my vir jou geduld! Dis die twintigste keer dat jy daardie kind oor dieselfde saak aanspreek!" Waarop Susan-na Wesley met liefde na die kind gekyk en geantwoord het: "Sou ek net negentien keer gepraat het, sou al my opvoedingsarbeid verlore gewees het."

In 'n biografie oor die welbekende sendeling na Birma, Adoniram Judson, lees ons hoedat hy geweldige ontberings moes deur-maak. Hy is in Indië vir 'n tydperk van sewentien maande in 'n tronk gevange gehou waar hy onuit-spreeklike onmenslike lyding moes deurgaan. As gevolg van sy marteling, het hy baie lelike littekens oorgehou wat vir die res van sy lewe sigbaar sou wees.
Na sy vrylating het hy toestemming gevra om na 'n ander provinsie te gaan waar hy kon voortgaan met die verkondiging van die Evangelie.
Die goddelose leier het sy versoek verontwaardig geweier: "My volgelinge sal nie luister na wat 'n sendeling te sê het nie, maar ek is bevrees dat hulle so beïndruk mag wees met jou littekens van geduld dat hulle jou godsdiens sal aanvaar."

In die klassieke werk, Les Mise-rables, vertel Victor Hugo die verhaal van Jean Valjean. Die enigste misdaad wat hy ooit gepleeg het, was om 'n enkele brood te steel om sy suster se uitgehongerde kinders mee te voed.
Nadat hy negentien jaar in die tronk hiervoor geboet het, is hy vrygelaat. Hy het werk gesoek, maar kon nêrens iets kry nie as gevolg van sy kriminele rekord. Uiteindelik het hy by 'n bejaarde biskop iets se ete en 'n slaapplek vir die nag ontvang.
Gedurende die aandete, het Valjean uit pragtige silwer borde geëet. Hy was verstom dat hy, as oudgevangene, uit sulke elegante borde kon eet. Terwyl hy op die bed gelê het, het hy aan die eet-gerei se groot waarde gedink. Die volgende oggend het hy vroeër as die res van die huishouding opgestaan, toegegee aan die versoeking en die silwer borde gesteel.
Hy is egter spoedig deur die polisie gevang en na die biskop se huis geneem. Hier het hulle aan die biskop gesê dat Jean sy borde gesteel het. Die vriendelike biskop het egter gesê dat dit 'n geskenk van hom was en byge-voeg dat Jean vergeet het om die kandelare ook saam te neem. Hy het toe aan Jean gesê, "Hiermee koop ek jou siel vir God!" Jean Valjean was so diep geroer deur die biskop se woorde en liefdesdaad dat hy 'n Christen geword het. Hierdie vriendelike daad van liefde en welwillendheid het 'n totale ommekeer in sy lewe teweeggebring!

Diep ontroer het kaptein Shaw van die Heilsleër na die drie mans voor hom gekyk. Shaw was 'n mediese sendeling wat pas in Indië aangekom het om beheer oor te neem van 'n kolonie melaatses.
Hierdie mans het voet- en hand-boeie omgehad waarvan die kettings diep in hul besmette vlees ingesny het.
Kaptein Shaw het die wag gevra om die boeie te ontsluit waarop hy geantwoord het dat dit nie veilig en raadsaam sou wees nie, aan-gesien hierdie mans nie net melaats was nie, maar ook misdadigers.
Kaptein Shaw het volle verant-woordelikheid geneem en bygevoeg dat hulle reeds genoeg ly as gevolg van hul melaatsheid. Hy het die boeie afgehaal en hul bloeiende enkels en gewrigte behandel.
Twee weke later het Kaptein Shaw gewonder of hy tog die regte besluit geneem het om die misdadigers vry te laat. Hy moes 'n rit onderneem wat sou meebring dat hy daardie betrokke nag nie by sy eie huis sou kon slaap nie. Sy vrou en kind sou dus alleen daar wees. Sy vrou het egter daarop aangedring dat hy gaan, aangesien sy nie bang was nie - God was mos daar!
Die volgende oggend toe sy by haar voordeur kom, was sy baie verbaas om te ontdek dat die drie melaatse mans op die stoeptrappies gelê het. Sy het gevra wat hulle daar maak.
Een van die melaatse mans het geantwoord dat hulle geweet het die dokter was weg. "Ons het die hele nag hier gebly om toe te sien dat daar geen gevaar vir u is nie."
Dis hoe hierdie gevaarlike krimi-nele melaatses gereageer het op die dokter se liefdevolle, vrien-delike en simpatieke behan-deling. [Uittreksels uit Geen Groter Liefde, Robert Strand, VG Uitgewers, 1996].

"Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee" (Joh. 15:13).

Indeks     Index